196/2017 BONTEBOK E-NUUS / E-NEWS / KAAPJAG / BOESMANLAND TAK / VALPLAAT SKIET / 4 NOV 2017

  • -

196/2017 BONTEBOK E-NUUS / E-NEWS / KAAPJAG / BOESMANLAND TAK / VALPLAAT SKIET / 4 NOV 2017

Category : Uncategorized

BOESMANLAND JAG (‘N TAK VAN KAAPJAG) VALPLAAT SKIET                  3 GEWERE TE WEN

Jy skiet met 1 (een) geweer maar daar is 3 gewere te wen!

Inligting as volg:

Wanneer: Saterdag 4 November 2017

 Pryse: 3 Gewere te wen . Al 3 gewere is op ’n lucky draw.                                                                           Die gewere is Howa 6.5 x 55, Howa 30-06, Howa6.5 creedmoor

Ons het vanjaar ’n ope afdeling en standaard afdeling  

Standaard afdeling : Is gewere wie se loop nie langer as 26 duim is en dikker as 22 MM is nie

En die scope word op 12 vergroting vas geplak . Die gewere word die oggend voor die skiet geïnspekteer en ’n sticker op geplak . Geen muzzle brakes in standaard klas

Standaard klas begin op 200

Ope klas: Is alle gewere wat nie in die standaard klas val nie en persone wat met groter vergrotings wil skiet Muzzle brakes word hier toe gelaat

Ope klas begin op 400

Standaard klas en Ope klas se wenners wen elk ’n R2000 se koop bewys by Wildman

Waar: Calvinia, Ramskop skietbaan.

Aanwysings: 4km uit Calvinia op die R355 Ceres pad. Uit rigting Nieuwoudtville net voor Calvinia draai regs by die Ceres bord en +- 2km op die grondpad draai jy links af. Die baan sit letterlik teenaan die R355 pad. 31°30’23.66″S  19°44’24

Tye: Registrasie begin die oggend om 06:00 (100m inskietbaan beskikbaar en oop vanaf 06:30). ‘n Maksimum van 100 skuts kan aanvaar word, skryf asb vroeg in om teleurstelling te voorkom.  Sluitingsdatum vir inskrywings is 1ste November 2017 om 17:00 die middag.

Kostes: R280 per skut (sluit ete in), R100 per assuransie ( maksimum van 4 per skut), R80 vir addisionele etes. Assuransie – ‘n Assuransie tel vir 1 plaat, maw jy kan op enige stadium n assuransie indien vir n plaat wat jy mis geskiet het en sal dus tel as n volwaardige raakskoot. Dit tel ook as n addisionele lucky draw inskrywing.

Geweer: Enige senterslag, enige vergroting teleskoop. Bring  ‘n minimum van 20 patrone saam. Jou geweer, geweer lisensie, geweersak, hoed, sonbrandmiddel, stoel, water, oor beskerming, matjie om op te lê en geld vir ‘n kontant kroeg na die tyd.

Teikens: Valplate, 300mm x 300mm (Geen gongs, geen diere teikens, geen onbekende afstande).

Posisie: Dooierus oor ‘n sementblok met ‘n matjie oor. OF Harris tipe bipod. Geen bench rest bipods nie.  Net jou hand as rus agter.

Wyse waarop die skiet gaan plaasvind: Kwalifiserende rondte – standaard klas  skuts skiet 3 valplate per afstand 200m, 300m, 400m en 500m.  Na almal die 4 afstande geskiet het vat ons die top skuts wat almal hulle plate omgeskiet het, met assuransie of sonder. Hulle vorder na die uitklop rondte. Uitklop rondte – 3 valplate per afstand. Begin by 600m en vorder na 700, 800 en 900m(maks). As al 3 plate om is gaan jy deur na die volgende

afstand, indien nie val jy uit. Ope klas begin op 400 tot jy uitval. Last man standing wen!  NB – n Plaat wat omgeslaan het tel as n raakskoot as hy dwars staan, is dit mis. Finale ranglys dispuut sal deur n 300m, 1 skoot, naaste aan die bull sudden death uitgestryk word.   Geen windmeters.

Lucky draw: Die inskrywings kaartjie en assuransie kaartjies word almal in ‘n boks gegooi vir die “lucky draw” die drie gewere wat te wen is. Met ander woorde as jy inskryf en 4 assuransies koop het jy 5 kaartjies in die boks vir 3 trekkings met ‘n geweer elk te wen.   As jy een geweer gewen het val jy uit by die ander trekkings vir die ander gewere. Om te kwalifiseer vir die lucky draw MOET jy teenwoordig wees by die trekking wat na afloop van die skiet sal plaasvind.

Bankbesonderhede

Standard Bank, Spaar Rekening

Rek naam: Calvinia Boesmanlandjag

Tak kode: 050 006

Rek nommer: 180049291

Gebruik asb 3G + U naam as verwysing.  Indien U vir 2 of meer mense op eenslag betaal, kontak asb Maretha en bevestig dat sy weet watter betaling is vir hoeveel mense en hulle besonderhede.  Ingevulde vrywaringsvorm is noodsaaklik

Kontakpersone

Johann Strauss – 083 231 1872 / 027 341 2162 – platberg@hantam.co.za

Maretha Thiart – 027 341 1022 – calvinia@vredmotorgroep.co.za

HJ Visagie – 082 784 6155 / 027 341 1424 – hjvisagie@supaquick.co.za

This content is restricted to site members. If you are an existing user, please log in. New users may register below.