Branches

In die Wes-Kaap is daar slegs Kaapjag en Suid-Kaap Jag (wat ongeveer 30 jaar gelede ontstaan het) wat die enigste geaffileerde jagtersverenigings van CHASA is. Suid-Kaap Jag het hul hoofkantoor in George omgewing en bedien dus die gebied anderkant die Overberg. Kaapjag bedien veral die gebiede suid van die Breërivier, die Groot Karoo, die Swartland en Namakwa en natuurlik die stedelike gebiede rondom Kaapstad en Durbanville waar ons kantoor gesetel is. Ons ander takke strek dan verder deur Wes-Boland, Weskus, Namakwa land en dan so vêr as Boesmanland in die Calvinia omgewing.

As organisasie beperk ons, ons dus definitief tot ’n sekere gebied of area, maar u kan self sien dit is wyd! Heelwat van ons verafgeleë lede het dus die behoefte gevoel dat die praktiese sy van Kaapjag nader aan hulle gebring moet word. Dit het tot gevolg gehad dat Kaapjag Takke ontstaan het  definitiewe voorskrifte neergelê is vir die stigting van takke – wat Kaapjag dan ook as regulasies tot sy grondwet aanvaar het. Vandag het Kaapjag nege takke met hul spesifieke gebiede. Om ʼn meer volhoubare en volledige diens aan ons lede in die vêrafgeleë plattelandse gebiede te bied het Kaapjag die afgelope paar jaar takke gestig. Hierdie takke is gebaseer op geografiese gebiede en daar is ʼn werklike poging om nie die areas met mekaar te laat oorvleuel nie.

Lede is egter eerstens volwaardige lede van Kaapjag en Kaapjag bly steeds ‘n lede organisasie, met al die voordele wat daaraan gekoppel word – alvorens hulle by ʼn tak ingedeel word. Die doel van die takke is om die praktiese deel van Kaapjag nader aan hulle te bring – hiermee word bedoel die opleidingsaspekte soos bv. die CHASA toetse, juniorjag, seniorkursusse, skietkompetisies ens. Die skietkompetisies het in der waarheid so vêr gevorder dat daar reeds sowat 800 van ons lede aan formele skiet kompetiesies deelneem en nog vele meer aan pretskiete en oeffeninge.

Boesmanland

Brandvlei, Calvinia, Carnavon, Loeriesfontein, Nieuwoudtville en Williston.

Koup

Beaufort-Wes, De Aar, Fraserburg, Laingsburg, Leeu-Gamka, Merweville, Middelburg, Prins Albert en Prins Albertweg.

Namakwa

Bitterfontein, Clanwilliam, Garies, Graafwater, Klawer, Koekenaap, Lambertsbaai, Lutzville, Springbok, Van Rhynsdorp en Vredendal

Overberg

Bredasdorp, Caledon, Gansbaai, Grabouw, Greyton, Hermanus, Jongensfontein, Kleinmond, L’Agulhas, Mosselbaai, Napier, Onrusrivier, Riviersonderend, Struisbaai, Swellendam en Vyeboom.

Sentraal

Die groter metropool vanaf Paarl to Simonstad.

Wes Boland

Citrusdal, Eendekuil, Elandsbaai, Goedverwacht, Hermon, Hopefield, Koringberg, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg,Riebeeck-Kasteel, Riebeeck-Wes, Wolseley en Ysterfontein.

Weskus

Aurora, Dwarskersbos, Hopefield, Laaiplek, Langebaan, Port Owen, Redelinghuys, Saldanha, St. Helenabaai, Stompneusbaai, Velddrif en Vredenburg.

Witzenberg

Ceres, Prins Alfred Hamlet, Wolseley, De Doorns, Touws Rivier, Tulbagh, Porterville.

Wynland

Ashton, Barrydale, Bonnievale, Botha, De Wet, Heatlievale, Klaasvoogds, Ladismith, Montagu, Rawsonville, Robertson, Roodezandt, Sharon en Villiersdorp.