LANGEBERG: TAKSTIGTING

Kaapjag Vergroot Sy Voetspoor in die Wes-Kaap

Tydens ’n onlangse stigtingsvergadering in Heidelberg, is 'n nuwe tak van Kaapjag suksesvol in die lewe geroep. Hierdie tak, wat as Langeberg sal bekend staan is Kaapjag se tiende takstigting.

Die Langebergtak sal die areas van Swellendam, Witsand, Heidelberg, Barrydale, Ladismith, Riversdal en Stilbaai bedien.

Kaapjag is ’n geakkrediteerde jagtersvereniging wat reeds sedert 1984 sy lede dien en is trots om in sy  veertigste bestaansjaar, ons teenwoordigheid in hierdie omgewing te vergroot. 

Kaapjag se primêre doel is om benewens, almal se vryheid om te jag te beskerm, hom ook te beywer vir die bevordering van sportskiet, wettige vuurwapenbesit en bewaring van ons natuurerfenis. Hierdie doelstellings, is belyn met die nasionale liggaam, CHASA (Die Konfederasie van Jagtersvereniging van Suid-Afrika) se doelstellings. 

Kaapjag is trots op veertig jaar se verbintenis met CHASA en die voordele wat dit inhou vir alle jagters en vuurwapeneienaars in Suid-Afrika. Die stigting van die nuwe Langebergtak, bring dienslewering, ondersteuning en aktiwiteite binne bereik van die bykans 60 bestaande lede in hierdie distrik.

Bykans 35 lede en belangstellendes het die vergadering by die Heildelberg Hotel bygewoon en die besluit om die takstigting te bekragtig is eenparig deur die lede ondersteun. Die takstigting het formeel beslag gekry, met die verkiesing van ‘n takbestuur om die vestiging van die tak vorentoe te neem. 

Tydens die vergadering, is die volgende bestuurslede (vlnr op die foto) gekies: 

  • Jaco Uys: Voorsitter
  • Stephan Zietsman: Ondervoorsitter
  • Geoff Zietsman: Sekretaris
  • James Ackhurst: Tesourier
Kaapjag Langeberg Branch Management

Die eerste prioriteit in die vestiging van hierdie nuwe tak, sal die aanbieding van die tak se eerste skietbyeenkoms wees. 

Hou gerus ons sosiale media platforms dop vir verdere nuus oor die bedrywighede en skietbyeenkomste van die Langebergtak.

Die Uitvoerende Bestuur van Die Kaapse Jagters en Wildbewaringsvereniging wens die nuwe bestuur sterkte toe met hul taak om die tak, suksesvol te vestig.

ENQUIRIES

Please contact us with any queries you may have.

back to blogs