Indien jy ernstig is oor jou regte, sluit aan by KAAPJAG, die jagters- en sportskietvereniging wat aktief werk om Suid-Afrikaanse jagters, sportskuts en vuurwapeneienaars se vryhede in die Wes-Kaap, asook op nasionale vlak deur ons affiliasie met CHASA (Die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika), te verseker.
Sluit vandag aan by KAAPJAG en word deel van die span wat vir die omgewing, asook jou en jou nageslag se vryhede omgee!
Lidmaatskap word jaarliks op 1 Augustus hernu. Lidmaatskapfooie sal elke jaar van jou debiet-/kredietkaart verhaal word. Vir die eerste jaar betaal jy slegs vir die maande wat oorbly in die huidige lidmaatskapjaar tot en met 31 Julie.
Klik op die JOIN US-knoppie hieronder. Jy sal na Hunters Portal (ons moderne ledeplatform) herlei word, waar jy 'n vorm aanlyn moet invul om aan te sluit. Rol af na die onderkant van die genoemde bladsy om die pro-rata lidmaatskapfooie te sien.
KAAPJAG is in 1984 deur 'n groep jagters gestig. Hierdie jagters was bekommerd oor wildbewaring en die toegang tot jagterreine. Sedertdien het die vereniging gegroei en bied vandag aan meer as 3 600 jagters en sportskuts 'n tuiste.
In terme van die Wet op Beheer van Vuurwapens No. 60 van 2000, is KAAPJAG as 'n jagters- en sportskietvereniging geakkrediteer en mag ingevolge toegewyde jagters en sportskuts sertifiseer. Die vereniging se hoofkantoor is in Durbanville en dien as 'n gesentraliseerde administratiewe sentrum vir al ons lede. Ons lede woon meestal in die Wes-Kaap van Suid-Afrika, maar nie uitsluitlik nie.
KAAPJAG het tien takke, wat geografies geleë is om dienste nader aan lede te bring. Elke tak word deur 'n span entoesiaste wat binne die takgebied woon bestuur en neem vir alle lidaktiwiteite, soos lede-aande, opleiding, skietgeleenthede/-kompetisies en werkswinkels verantwoordelikheid.
Kontak ons gerus met enige ander algemene of lidmaatskapnavrae.
ENQUIRIES
Please contact us with any queries you may have.