QUÉNET’S KAAPJAG WITZENBERG VELDSKIET – POSTPONED TO A LATER DATE DUE TO LOCKDOWN LEVEL 3

QUÉNET’S KAAPJAG WITZENBERG VELDSKIET – POSTPONED TO A LATER DATE DUE TO LOCKDOWN LEVEL 3

Category : Witzenberg

KENNISGEWING VAN DIE 15de WITZENBERG VELDSKIET   

UITGESTEL TOT ‘N LATERE DATUM WAT METTERTYD BEKEND GEMAAK SAL WORD.

 

KAAPJAG  het die voorreg om die 15de WITZENBERG VELDSKIET aan te bied op 6 Februarie 2021 :

Waar:                Lakenvlei Plaas buite Ceres. Ry op die R46 deur Ceres, na 11km draai regs na Bo- Swaarmoed pad (teerpad), volg pad vir 13km, Sodra jy bo-op die Swaarmoed Pas is, kyk vir Ribbok Park(gemeenskap saal met rugby veld) op jou linkerkant,registrasie sal hier plaasvind sowel as die onthaal. Skietbaan is op Lakenvlei Plaas

Tye:                   Registrasie:  07h00 tot 09h00, by Ribbok Park gemeenskapsaal (volg rigting aanwysers))          Kompetisie: Gong bane 07h00 tot +/- 15h00, Teikenbane 07h00 tot +/- 15h00     ‘n 100-Meter inskietbaan sal by Boetie Beef skietbaan, 8 km buite Ceres oppad na veldskietbaan beskikbaar wees van 06h30 tot 08h45.Prysuitdeling: vanaf +/- 15h00

Inskrywings:    Inskrywings sluit Vrydag 29 Januarie 2021. Laat inskrywings sal tydens registrasie aanvaar word indien getalle dit toelaat, maar dit sal R50 ekstra kos.  `n Inskrywingsvorm is aangeheg, en is ook beskikbaar deur op die skakel hieronder te klik: WITZENBERG VELDSKIET INSKRYWINGSVORM  Voltooi asb die Inskrywingsvorm volledig en stuur saam met bewys van betaling na: hennie@sterkwater.co.za         Verwysing: “Veldskiet”  plus voorletters en van.

Koste:              R290-00 per persoon vir Kaapjag en SAJSV lede,  R300-00 per persoon vir nie-lede.   R180-00  vir juniors. Fooie is nie terugbetaalbaar nie.  Middagete is ingesluit by inskrywing. Ekstra etes sal teen R60 beskikbaar wees.  Kontantkroeg beskikbaar.

Aantal skote:   30 vir die kompetisie, plus inskiet.

Geweer:            Enige senterslag jaggeweer, enige teleskoop, geen “range finders” nie.

Teikens:           Lewensgrootte  Bobbejaan-,  Vlakvark- en Jakkals papierteikens en drie 200 mm deursnit  “gong”  bane.  Dus, ses bane waarop vyf skote elk geskiet word.

Afstande:         Ongemerkte afstande,  50m  tot 350m.

Posisies:          Sit, staan of lê met rus wat voorsien word, soos voorgeskryf op elke baan.

Reëls:               Standaard reëls soos bepaal deur die SA Jaggeweerskietvereniging (SAJSV).  Die reëls sal by die  skietbaan beskikbaar wees, en is ook op die SAJSV se webwerf  www.sahuntingrifle.co.za.  Geen “rangefinders”, verkykers of windmeters word op die baan toegelaat nie.

Pryse:               “Lucky draw” tydens afsluiting en medaljes vir kategorie wenners.

                      HOOF PRYS “ LUCKY DRAW” –  ‘n JAGGEWEER en nog baie ander lekker pryse

                                Sertifikate kan na afloop van die veldskiet aangevra word by hennie@sterkwater.co.za

Bring saam:     Lidmaatskapkaarte, geweer, geweersak, oormowwe, skietbril, patrone (genoeg vir kompetisie en inskiet), gazebo, stoel, hoed, sonbrandolie, bosluisweerder) en genoeg drinkwater !!

Algemeen:        Hierdie kompetisie is oop vir alle skuts, maar slegs Kaapjag lede se punte tel tot die Kaapjag  Veldskiet ranglys en Veldskiet Skietspan. Die skiet tel ook 1 punt tot u toegewyde sportman status of 2 punte vir die SAJSV lede.

Navrae:             Jacques Visser, 082 699 3489 , DB Vermaak, 082 349 4015,

hennie@sterkwater.co.za     &      witzenberg@kaapjag.co.za

This content is restricted to site members. If you are an existing user, please log in. New users may register below.